18 Hierop antwoord die Jode en sê vir Hom: “Watter wonderteken wys U vir ons dat U hierdie dinge doen?”
19 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek dit oprig.”
20 Die Jode sê vir Hom: “Ses en veertig jaar lank word aan hierdie tempel gewerk en U sal dit in drie dae oprig?”
21 Hy het dit gesê aangaande die Tempel van Sy liggaam
22 en nadat Hy uit die graf uit opgestaan het, het Sy studentevolgelinge onthou dat Hy dit vir hulle gesê het en hulle het die Skrif en die boodskap wat Yeshua gebring het, vertrou.
23 Terwyl Hy, tydens die fees van Pesag, in Yerushalayim gebly het, het baie in Sy Outoriteit en Karakter vertrou omdat hulle die wondertekens wat Hy doen, gesien het,
24 maar Yeshua self het húlle nie vertrou nie omdat Hy almal geken het