22 en nadat Hy uit die graf uit opgestaan het, het Sy studentevolgelinge onthou dat Hy dit vir hulle gesê het en hulle het die Skrif en die boodskap wat Yeshua gebring het, vertrou.
23 Terwyl Hy, tydens die fees van Pesag, in Yerushalayim gebly het, het baie in Sy Outoriteit en Karakter vertrou omdat hulle die wondertekens wat Hy doen, gesien het,
24 maar Yeshua self het húlle nie vertrou nie omdat Hy almal geken het
25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand oor enige iemand sou getuig nie, want Hy self het geweet wat in die mens is.