4 Yeshua sê vir haar: “Wat het ons in gemeen, vrou? My tyd het nog nie gekom nie.”
5 Sy moeder sê vir die diensknegte: “Wat Hy ook al vir julle sê, dit moet julle doen.”
6 Daar was ses klip waterkanne vir die Joodse seremoniële reinigings, wat elkeen ’n honderd tot ’n honderd en vyftig liter hou.
7 Yeshua sê vir hulle: “Maak die kanne vol water.” Hulle het hul tot by die rand toe vol gemaak.
8 Hy sê vir hulle: “Skep nou uit en vat dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gevat.
9 Toe die seremoniemeester die water, wat wyn geword het, proe (hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar dié wat bedien en die water geskep het, het geweet), roep die seremoniemeester die bruidegom
10 en sê vir hom: “Alle mense sit eers die goeie wyn voor en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegte, maar u het die goeie wyn tot nou toe gehou.”