9 Toe die seremoniemeester die water, wat wyn geword het, proe (hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar dié wat bedien en die water geskep het, het geweet), roep die seremoniemeester die bruidegom
10 en sê vir hom: “Alle mense sit eers die goeie wyn voor en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegte, maar u het die goeie wyn tot nou toe gehou.”
11 Hierdie eerste een van Sy wonderwerke het Yeshua in Kanah in die Galil gedoen en Hy het Sy eer, lof en grootheid gewys en Sy studentevolgelinge het in Hom vertrou.
12 Daarna het Hy na K’far-Nagum afgegaan, saam met Sy moeder, Sy broers en Sy studentevolgelinge en hulle was ’n paar dae daar.
13 Pesag van die Jode was naby en Yeshua het na Yerushalayim opgegaan
14 en Hy het die verkopers van beeste, skape, duiwe en die geldwisselaars wat daar sit, in die tempel gekry.
15 Hy het vir Homself ’n sweep van tou gemaak en almal uit die tempel uitgedryf; die skape en die beeste en die geldstukke van die wisselaars het Hy ook uitgegooi en hulle tafels omgekeer.