1 Na hierdie dinge het Yeshua weer aan Sy studentevolgelinge verskyn by die see van Tiberias. Só het Hy verskyn:
2 Shim’on Kefa, T’oma, (wat Tweeling genoem is), Natan’el van Kanah in die Galil, die seuns van Zavdai en twee ander van Sy studentevolgelinge was saam.
3 Shim’on Kefa sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons kom saam met jou.” Hulle het dadelik uitgegaan en in die boot geklim en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
4 Met dagbreek staan Yeshua op die strand, maar die studentevolgelinge het nie gesien dat dit Yeshua was nie.
5 Yeshua vra vir hulle: “Seuns, het julle enige iets om te eet?” Hulle antwoord Hom: “Nee.”
6 Hy sê vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot en julle sal kry.” Hulle het ingegooi en as gevolg van die hoeveelheid visse kon hulle dit nie intrek nie.