2 Shim’on Kefa, T’oma, (wat Tweeling genoem is), Natan’el van Kanah in die Galil, die seuns van Zavdai en twee ander van Sy studentevolgelinge was saam.
3 Shim’on Kefa sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons kom saam met jou.” Hulle het dadelik uitgegaan en in die boot geklim en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
4 Met dagbreek staan Yeshua op die strand, maar die studentevolgelinge het nie gesien dat dit Yeshua was nie.
5 Yeshua vra vir hulle: “Seuns, het julle enige iets om te eet?” Hulle antwoord Hom: “Nee.”
6 Hy sê vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot en julle sal kry.” Hulle het ingegooi en as gevolg van die hoeveelheid visse kon hulle dit nie intrek nie.
7 Daarop sê die studentevolgeling, die een vir wie Yeshua liefgehad het, vir Kefa: “Dit is ons Meester!” Toe Shim’on Kefa hoor dat dit ons Meester is, trek hy sy bokleed aan en maak sy lende vas, want hy was kaal en gooi homself in die see om na Yeshua te gaan,
8 maar die ander studentevolgelinge het met die boot gekom en die net met die visse gesleep, want hulle was nie ver van die land nie, omtrent ’n honderd meter.