14 en net soos Moshe die slang in die wildernis opgelig het, so sal die Seun van die mens opgelig word
15 sodat elke mens wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,1 Yog 4:9,10
16 want op dié manier het God die wêreld liefgehad: só, dat Hy Sy enigste uniekgebore Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,
17 want God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Hy lewe aan die wêreld kan gee deur Sy hand.
18 Wie ook al in Hom vertrou, word nie geoordeel nie, maar hy wat nie vertrou nie, is nou alreeds veroordeel omdat hy nie vertrou het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die enigste Uniekgebore Seun van God nie.
19 Dit is die veroordeling: die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos,
20 want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat sy dade nie veroordeel kan word nie,Efe 5:13