19 Dit is die veroordeling: die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos,
20 want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat sy dade nie veroordeel kan word nie,Efe 5:13
21 maar hy wat die waarheid doen, kom na die Lig sodat sy dade openbaar kan word, dat hulle deur God gedoen is.”
22 Na hierdie dinge het Yeshua en Sy studentevolgelinge na die streek van Y’hudah gegaan en daar het Hy saam met hulle gewerk en gedoop,
23 maar Yoganan was ook besig om te doop in Einayim, wat langs Shalem is, omdat daar water was en baie mense aangehou kom het en gedoop is,
24 want Yoganan is nog nie in die tronk gegooi nie.
25 Daar het ’n strydvraag ontstaan tussen ’n studentevolgeling van Yoganan en ’n sekere Jood oor die seremoniële reiniging