21 maar hy wat die waarheid doen, kom na die Lig sodat sy dade openbaar kan word, dat hulle deur God gedoen is.”
22 Na hierdie dinge het Yeshua en Sy studentevolgelinge na die streek van Y’hudah gegaan en daar het Hy saam met hulle gewerk en gedoop,
23 maar Yoganan was ook besig om te doop in Einayim, wat langs Shalem is, omdat daar water was en baie mense aangehou kom het en gedoop is,
24 want Yoganan is nog nie in die tronk gegooi nie.
25 Daar het ’n strydvraag ontstaan tussen ’n studentevolgeling van Yoganan en ’n sekere Jood oor die seremoniële reiniging
26 en hulle het na Yoganan gekom en vir hom gesê: “Leermeester, Hy wat saam met u oorkant die Yarden was, van Wie u getuig het, let op, Hy doop ook en baie gaan na Hom toe.”
27 Yoganan antwoord en sê vir hulle: “’n Mens kan niks ontvang uit sy eie wil nie, maar slegs as dit vir hom uit die hemel gegee is.