10 Yeshua antwoord en sê vir haar: “As jy die geskenk van God geken het en geweet het Wie Hy is wat vir jou sê: ‘Gee vir My iets om te drink,’ sou jy Hom gevra het vir wat Hy het en Hy sal vir jou Lewende Water gee.”
11 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, U het nie eens ’n emmer nie en die put is diep, van waar het U dié Lewende Water?
12 Is U groter as ons vader Ya’akov, wat die put aan ons gegee het en self saam met sy seuns en vee daaruit gedrink het?”
13 Yeshua antwoord en sê vir haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word,Yir 2:13
14 maar elkeen wat sal drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein van water word wat sal opspring tot die ewige lewe.”
15 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, gee vir my daardie water sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom trek nie.”
16 Yeshua sê vir haar: “Gaan roep jou man en kom hier.”