18 want jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.”
19 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, ek sien dat U ’n profeet is.Deut 11:29; Y’ho 8:33
20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid en julle sê dat die plek waar ons moet aanbid, in Yerushalayim is.”
21 Yeshua sê vir haar: “Vrou, vertrou My, daar kom ’n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Yerushalayim sal aanbid nie.
22 Julle aanbid wat julle nie ken nie; Ons aanbid wat Ons ken: Hy wat Lewe is, is vanuit die Jode,Mal 1:11
23 maar daar kom ’n tyd en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek dié wat Hom só aanbid.
24 God is Gees en dit is toepaslik dat hulle wat Hom aanbid, in Gees en waarheid aanbid.”