43 Ná die twee dae het Hy van daar af weggegaan na die Galil toe,
44 want Yeshua self het getuig dat ’n profeet nie in sy eie stad eer ontvang nie.
45 Toe Hy in die Galil kom, het die mense van die Galil Hom ontvang omdat hulle al die wonderwerke gesien het wat Hy in Yerushalayim op die fees gedoen het, want hulle het ook na die fees gegaan.
46 Yeshua het weer in Kanah, in die Galil, gekom, waar Hy die water wyn gemaak het en ’n sekere koning se dienskneg, wie se seun siek was, het in K’far-Nagum gebly.
47 Hy het gehoor dat Yeshua vanuit Y’hudah in die Galil aangekom het en na Hom toe gegaan en Hom gesmeek om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
48 Yeshua sê vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit vertrou nie.”
49 Die koning se dienskneg sê vir Hom: “My Meester, kom af, anders sal die kind sterf.”