24 Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie ook al My boodskap hoor en Hom vertrou wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die veroordeling nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
25 Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: daar kom ’n tyd en dit is nou, wanneer die wat dood is die stem van die Seun van God sal hoor en die wat dit hoor, sal lewe,
26 want net soos die Vader lewe het in Homself, net so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
27 Hy het aan Hom outoriteit gegee om ook te veroordeel
28 omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar kom ’n tyd wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor
29 en sal uitgaan; die wat goed gedoen het, in die opstanding van die lewe in en die wat bose dade gedoen het, in die opstanding van die veroordeling in.
30 Ek kan niks uit My eie wil doen nie. Volgens wat Ek gehoor het, beoordeel Ek en My oordeel is regverdig omdat Ek nie Mý wil begeer nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.