12 Nadat hulle versadig was, sê Hy vir Sy studentevolgelinge: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat niks verlore gaan nie.”
13 Hulle het bymekaargemaak en twaalf groot mandjies vol gemaak met stukke wat oorgebly het by dié wat die vyf garsbrode geëet het.Deut 18:15, 18
14 Die mense wat die wonderteken, wat Yeshua gedoen het, gesien het, het gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat in die wêreld sou kom.”
15 Yeshua het geweet dat hulle gereed was om Hom te kom gryp, om Hom koning te maak en Hy het Homself onttrek in daardie berg in, Hy alleen.
16 Toe dit aand geword het, het Sy studentevolgelinge afgegaan na die see toe
17 en nadat hulle in die boot geklim het, het hulle na die oorkant van die see gevaar na K’far-Nagum. Dit het donker geword en Yeshua het nog nie by hulle aangesluit nie.
18 Die see het onstuimig geword teen hulle omdat ’n sterk wind gewaai het.