19 Nadat hulle ongeveer vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Yeshua op die meer loop en toe Hy naby die boot kom, was hulle bang,Eks 3:14 moenie bang wees nie.”
20 maar Yeshua sê vir hulle: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees,
21 Hulle het Hom in die boot ontvang en dadelik het die boot by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
22 Die volgende dag sien die mense, wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander boot was nie, behalwe daardie een waarin Sy studentevolgelinge vertrek het en dat Yeshua nie saam met Sy studentevolgelinge in die boot geklim het nie,
23 maar ander bote het van Tiberias af aangeland, naby die plek waar hulle die brood geëet het waarvoor die Meester gedank het.
24 Nadat die mense dan gesien het dat nie Yeshua of Sy studentevolgelinge daar is nie, het hulle self ook in die bote geklim en na K’far-Nagum gegaan om Yeshua te soek
25 en toe hulle Hom oorkant die see gekry het, vra hulle vir Hom: “Leermeester, wanneer het U hier aangekom?”