9 “Hier is ’n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense?”
10 Yeshua sê vir hulle: “Laat al die mense gaan sit.” Daar was baie gras op dié plek en hulle het gaan sit; ongeveer vyf duisend manne in getal.
11 Yeshua vat die brode en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die wat daar sit; so ook die visse, soveel as hulle wou hê.
12 Nadat hulle versadig was, sê Hy vir Sy studentevolgelinge: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat niks verlore gaan nie.”
13 Hulle het bymekaargemaak en twaalf groot mandjies vol gemaak met stukke wat oorgebly het by dié wat die vyf garsbrode geëet het.Deut 18:15, 18
14 Die mense wat die wonderteken, wat Yeshua gedoen het, gesien het, het gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat in die wêreld sou kom.”
15 Yeshua het geweet dat hulle gereed was om Hom te kom gryp, om Hom koning te maak en Hy het Homself onttrek in daardie berg in, Hy alleen.