25 Die inwoners van Yerushalayim sê: “Is dit nie Hy wat hulle beplan om dood te maak nie
26 en let op, Hy praat openlik en hulle sê niks vir Hom nie? Is dit moontlik dat die oudstes weet dat Hy waarlik Die Gesalfde Een is?Mik 5:1
27 Ons weet van waar hierdie Een is, maar Die Gesalfde Een, wanneer Hy kom, sal niemand weet van waar Hy is nie.”
28 Yeshua verhef Sy stem terwyl Hy in die tempel leer en sê: “Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie, maar Hy wat My gestuur het, is Waar, vir Wie julle nie ken nie,
29 maar Ek ken Hom omdat Ek een met Hom is en Hy My gestuur het.”
30 Hulle wou Hom gryp en niemand het die hand aan Hom geslaan nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie,
31 maar baie van die mense het in Hom vertrou en gevra: “Wanneer Die Gesalfde Een kom, sal Hy meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het?”