15 Die Fariseërs vra hom weer: “Hoe het sig na jou toe gekom?” Hy antwoord hulle: “Hy het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek sien.”
16 Sommige van die Fariseërs sê: “Hierdie man kom nie van God nie omdat Hy die Shabbat nie hou nie;” ander sê: “Hoe kan ’n sondige mens sulke wondertekens doen?” Daar was verdeeldheid onder hulle.
17 Hulle het weer met die blinde man gepraat: “Wat sê jy van Hom, wat jou oë oopgemaak het?” Hy antwoord: “Ek sê Hy is ’n profeet.”
18 Die Jode het nie geglo dat hy blind was en siende geword het nie totdat hulle die ouers, van hom wat kon sien, geroep het.
19 Hulle vra vir hulle: “As dit julle seun is, van wie julle gesê het dat hy blind gebore is, hoe sien hy dan nou?”
20 Sy ouers antwoord en sê: “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,
21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë oopgemaak het, weet ons nie. Hy is self volwasse, vra hom; hy sal vir homself praat.”