19 Hulle vra vir hulle: “As dit julle seun is, van wie julle gesê het dat hy blind gebore is, hoe sien hy dan nou?”
20 Sy ouers antwoord en sê: “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,
21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë oopgemaak het, weet ons nie. Hy is self volwasse, vra hom; hy sal vir homself praat.”
22 Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode, want die Jode het reeds ooreengekom dat as iemand Hom as Die Gesalfde Een bely, hy uit die bymekaarkomplek geban sou word;
23 daarom het sy ouers gesê: “Hy is volwasse, vra hom.”Y’ho 7:19 want ons weet dat hierdie Man ’n sondaar is.”
24 Hulle roep toe die man wat blind was vir die tweede keer en sê vir hom: “Gee aan God die eer, lof en aanbidding,
25 Hy antwoord en sê vir hulle: “Of Hy ’n sondaar is, weet ek nie, maar een ding weet ek: ek was blind en let op, nou sien ek.”