28 Hulle het hom beledig en vir hom gesê: “Jy is Sy studentevolgeling; ons is studentevolgelinge van Moshe.
29 Ons weet dat God met Moshe gepraat het, maar ons weet nie van waar Hy is nie.”
30 Die man antwoord en sê: “Hierin is dit vreemd dat julle nie weet van waar Hy is nie en Hy het my oë oopgemaak.
31 Ons weet dat God nie na die stem van ’n sondaar luister en doen nie, maar Hy luister en doen vir iemand wat God respekvol vrees, aanbid en Sy wil doen.
32 Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens oopgemaak het nie.
33 As Hy nie van God was nie, sou Hy dit nie kon doen nie.”
34 Hulle antwoord en sê vir hom: “Jy is volledig in sonde gebore en leer jý ons?” Hulle het hom uitgeban.