9 Sommige sê: “Dit is hy;” ander weer: “Hy lyk na hom;” hyself het gesê: “Dit is ek.”
10 Hulle vra vir hom: “Hoe is jou oë oopgemaak?”
11 Hy antwoord en sê vir hulle: “’n Man met die naam Yeshua, het klei gemaak, op my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan was jou in die waters van Shiloag.’ Ek het gegaan, my gewas en ek sien.”
12 Hulle vra vir hom: “Waar is Hy?” Hy sê: “Ek weet nie.”
13 Hulle neem hom, die man wat vroeër blind was, na die Fariseërs.
14 Dit was Shabbat toe Yeshua die klei gemaak en sy oë oopgemaak het.
15 Die Fariseërs vra hom weer: “Hoe het sig na jou toe gekom?” Hy antwoord hulle: “Hy het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek sien.”