1 Regav’am het na Sh’khem gegaan, want die hele Yisra’el het na Sh’khem gekom om hom koning te maak.
2 Dit het gebeur, toe Yarov’am, die seun van N’vat en die hele Yisra’el, dit hoor,
3 hulle gekom het en vir Regav’am, die seun van Shlomo, gesê het:
4 “U vader het ons juk hard gemaak, verlig nou ietwat hierdie harde reëls van u vader en sy swaar juk wat hy op ons gelê het en ons sal u dien.”