10 Die jongmanne wat saam met hom in die straat grootgeword het, antwoord hom en sê: “Só moet u die mense antwoord wat met u gepraat en gesê het: ‘U vader het ons juk swaar gemaak, maar u maak dit ietwat ligter oor ons,’ só moet u hulle antwoord: ‘My pinkie is dikker as my vader se duim.
11 Nou, waar my vader ’n swaar juk op julle gelaai het, ék sal by julle juk bysit; het my vader julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.’”
12 Yarov’am en al die mense het op die derde dag na Regav’am gekom soos die koning hulle gevra en gesê het: “Kom oor drie dae terug na my toe.”
13 Die koning het hulle met harde woorde geantwoord en koning Regav’am het die raad van die oudstes verwerp
14 en met hulle gepraat volgens die raad van die jongmanne en gesê: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ék sal daarby bysit; my vader het julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.”1 Kon 11:28
15 Die koning het nie na die volk geluister nie, want God het dit voorgeskryf sodat יהוה die woord van Agiyah, die Shiloniet, die profeet, aangaande Yarov’am, die seun van N’vat, waar kon maak.
16 Toe die hele Yisra’el sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid of aan ’n erfenis vir die seun van Yishai nie! Gaan elkeen na sy huis toe, Yisra’el en nou, Dawid, sorg vir jou eie huis!” Yisra’el het na hulle huise teruggekeer,