2 Dit het gebeur, toe Yarov’am, die seun van N’vat en die hele Yisra’el, dit hoor,
3 hulle gekom het en vir Regav’am, die seun van Shlomo, gesê het:
4 “U vader het ons juk hard gemaak, verlig nou ietwat hierdie harde reëls van u vader en sy swaar juk wat hy op ons gelê het en ons sal u dien.”
5 Hy het vir hulle gesê: “Gaan weg en kom oor drie dae terug na my toe.” Die mense het weggegaan.
6 Koning Regav’am het beraadslaag met die oudstes wat sy vader, Shlomo, gedurende sy lewe gedien het en hy vra: “Watter raad gee julle my om ’n antwoord aan hierdie mense te gee?”
7 Hulle het met hom gepraat en gesê: “As u hierdie mense goedgunstig sal antwoord en hulle tevrede stel en goeie woorde met hulle praat, sal hulle vir ewig u diensknegte wees.”
8 Hy het egter die raad wat die oudstes hom gegee het, verwerp en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom groot geword en in sy diens gestaan het.