5 Hy het vir hulle gesê: “Gaan weg en kom oor drie dae terug na my toe.” Die mense het weggegaan.
6 Koning Regav’am het beraadslaag met die oudstes wat sy vader, Shlomo, gedurende sy lewe gedien het en hy vra: “Watter raad gee julle my om ’n antwoord aan hierdie mense te gee?”
7 Hulle het met hom gepraat en gesê: “As u hierdie mense goedgunstig sal antwoord en hulle tevrede stel en goeie woorde met hulle praat, sal hulle vir ewig u diensknegte wees.”
8 Hy het egter die raad wat die oudstes hom gegee het, verwerp en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom groot geword en in sy diens gestaan het.
9 Hy het vir hulle gevra: “Watter raad gee julle my dat ons hierdie mense kan antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk ligter wat u vader op ons gelê het en ons sal u dien.’?”1 Kon 12:10
10 Die jongmanne wat saam met hom in die straat grootgeword het, antwoord hom en sê: “Só moet u die mense antwoord wat met u gepraat en gesê het: ‘U vader het ons juk swaar gemaak, maar u maak dit ietwat ligter oor ons,’ só moet u hulle antwoord: ‘My pinkie is dikker as my vader se duim.
11 Nou, waar my vader ’n swaar juk op julle gelaai het, ék sal by julle juk bysit; het my vader julle met swepe getugtig, ék sal julle met skerpioene tugtig.’”