11 Asa het tot יהוה, sy God, gebid en gesê: “U is ons Meester, יהוה, die Hulp van U volk en as U ’n groot leërmag oorgee in die hand van ’n klein mag, sal die hele wêreld weet dat dit goed is om op U te vertrou. Help ons, יהוה, ons God, want ons het in U Naam (Karakter en Outoriteit) teen hierdie groot leërmag gekom. יהוה, ons God, vertraag nie U mag aan ons nie.”
12 Toe Asa klaar gebid het, het die engel van יהוה die Kushiete voor Asa en Y’hudah vernietig en die Kushiete het gevlug.
13 Asa en die manne wat by hom was, het hulle agtervolg tot by G’rar en van die Kushiete het soveel geval dat hulle nie getel kon word nie, want hulle was verslaan voor יהוה en voor Sy magte. Hulle het ’n baie groot buit gevat en weggedra.
14 Hulle het al die stede rondom G’rar oorweldig, want die vrees vir יהוה het oor hulle gekom en hulle het al die stede geplunder, want daar was baie buit in hulle.Deut 28:1-10
15 Hulle het ook die tente van die Arabiere en skape en kamele in oorvloed weggedra en hulle na Yerushalayim gebring.