2 Asa het gedoen wat goed en reg was in die Teenwoordigheid van יהוה, sy God,
3 want hy het die altare van die vreemde gode en die hoogtes verwyder en die beelde stukkend gebreek en die pilare afgekap
4 en vir Y’hudah gesê: “Kom, laat ons bid tot יהוה, die God van ons vaders.”
5 Hy het ook in al die stede van Y’hudah die plekke van aanbidding op die hoë plekke en die afgodsbeelde ontwortel en die koninkryk het gerus onder hom en hy het geen vyande op al sy grense gehad nie.
6 Hy het versterkte stede in Y’hudah gebou, want die land het gerus en daar was niemand wat oorlog teen hom gevoer het in daardie jare nie omdat יהוה hom rus gegee het.
7 Hy het daarom aan Y’hudah gesê: “Kom, laat ons hierdie stede bou en hulle met mure, torings, poorte en grendels omring terwyl die land nog stil is van oorlog, want ons het יהוה, ons God, gesoek en Hy vir ons en Hy het aan ons rus gegee van almal rondom ons, ons vertroos en bevry.
8 Asa het ’n leër gehad van magtige dapper manne wat skild en spies dra: uit Y’hudah, drie honderd duisend man en uit Binyamin, wat die borsplaat dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend.