5 Hy het ook in al die stede van Y’hudah die plekke van aanbidding op die hoë plekke en die afgodsbeelde ontwortel en die koninkryk het gerus onder hom en hy het geen vyande op al sy grense gehad nie.
6 Hy het versterkte stede in Y’hudah gebou, want die land het gerus en daar was niemand wat oorlog teen hom gevoer het in daardie jare nie omdat יהוה hom rus gegee het.
7 Hy het daarom aan Y’hudah gesê: “Kom, laat ons hierdie stede bou en hulle met mure, torings, poorte en grendels omring terwyl die land nog stil is van oorlog, want ons het יהוה, ons God, gesoek en Hy vir ons en Hy het aan ons rus gegee van almal rondom ons, ons vertroos en bevry.
8 Asa het ’n leër gehad van magtige dapper manne wat skild en spies dra: uit Y’hudah, drie honderd duisend man en uit Binyamin, wat die borsplaat dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend.
9 Zerag, die Kushiet, het teen hulle uitgetrek met ’n groot leër van ’n miljoen manne en dertig duisend strydwaens en na Mareshah gekom.
10 Asa het uitgegaan teen hom en hy het teen hom baklei in die vallei van Mareshah.
11 Asa het tot יהוה, sy God, gebid en gesê: “U is ons Meester, יהוה, die Hulp van U volk en as U ’n groot leërmag oorgee in die hand van ’n klein mag, sal die hele wêreld weet dat dit goed is om op U te vertrou. Help ons, יהוה, ons God, want ons het in U Naam (Karakter en Outoriteit) teen hierdie groot leërmag gekom. יהוה, ons God, vertraag nie U mag aan ons nie.”