1 Die Gees van God het op `Azaryah, die seun van `Oded, gekom
2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en die hele Y’hudah en Binyamin! יהוה is by julle vir ewig en ewig en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind, maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
3 Vir ’n lang tyd het Yisra’el nie hulle God in waarheid gedien nie en nie die lerings van Sy priesters aanvaar of hulle wette gehoorsaam nie, is hulle daarom oorgegee in die hand van hul vyande.
4 Wanneer hulle egter in hul benoudheid tot יהוה, die God van Yisra’el, gebid en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.
5 In daardie vroeëre tye toe ons nie ons God gedien het nie, was daar geen vrede vir hom wat uit- of ingegaan het nie, as gevolg van groot teëspoed wat oor al die inwoners van die land gekom het
6 en ons is verstrooi onder elke nasie en volk en dorpe en stede