16 Hy het ook vir Ma’akhah, die moeder van Asa afgesit as koninginsmoeder omdat sy ’n fees vir haar afgode gehad het en Asa het haar afgode afgekap en hulle by die spruit van Kidron verbrand.
17 Die altare op die hoë plekke is egter nie uit Yisra’el verwyder nie, nogtans was Asa se verstand, wil en emosie volmaak in die aanbidding van יהוה, sy God, al die dae van sy lewe.
18 Hy het alles wat sy vader en hyself afgesonder het, in die huis van יהוה ingebring: silwer, goud en allerhande voorwerpe.
19 Daar was geen oorlog tot in die vyf en dertigste jaar van die regering van Asa nie.