1 Y’hoshafat, sy seun, het in sy plek geheers en homself versterk teen Yisra’el.
2 Hy het magtige manne in al die versterkte stede van Y’hudah gesit en goewerneurs aangestel in die land van Y’hudah en in die stede van Efrayim wat sy vader, Asa, ingeneem het.
3 יהוה was by Y’hoshafat, want hy het in die aanvanklike lewenswyses van sy vader, Dawid, geleef en nie tot beelde gebid nie,
4 maar tot יהוה, God van sy vader, gebid en volgens Sy wette geleef en Sy instellings gehoorsaam en nie gedoen soos Yisra’el nie.
5 יהוה het daarom die koninkryk in sy hand bevestig en die hele Y’hudah het aan Y’hoshafat geskenke gebring en hy het rykdom en eer in oorvloed gehad.