1 Toe Y’hoshafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy ’n ooreenkoms met Ag’av aangegaan.
2 Na twee jaar het hy afgegaan na Ag’av, in Shomron en Ag’av het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in oorvloed geslag en hom aanbeveel om na Ramot-Gil’ad te gaan.
3 Ag’av, koning van Yisra’el, het vir Y’hoshafat, koning van Y’hudah gesê: “Sal u met my saam na Ramot-Gil’ad gaan?” Hy antwoord hom: “Ek sal gaan soos u gaan en my volk is soos u volk en my perde soos u perde; ons sal saam met u oorlog gaan maak.”
4 Y’hoshafat het vir die koning van Yisra’el gesê: “Raadpleeg eers die woord van יהוה vandag;”