11 So het al die profete geprofeteer en gesê: “Gaan op na Ramot-Gil’ad en triomfeer, want יהוה sal u vyande in u hand gee, o koning.
12 Die boodskapper wat gegaan het om Mikhay’hu te roep, het met hom gepraat en gesê: “Let op, die woorde van die profete het uit een mond goed verklaar vir die koning, laat jou woord dus nou aangenaam wees, soos een van hulle en profeteer ook goed.”
13 Mikhay’hu het gesê: “So waar as יהוה-God leef, wat my God in my verstand, wil en emosie sit, dit sal ek sê!”
14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: “Mikhay’hu, sal ons na RamotGil’ad gaan om te veg, of sal ek dit laat verbygaan?” Hy antwoord: “Gaan op en triomfeer en hulle sal in julle hand oorgegee word.”
15 Die koning sê vir hom: “Hoeveel maal moet ek jou smeek dat jy niks behalwe die waarheid, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, vir my sal sê nie?”
16 Toe antwoord hy: “Ek het die hele Yisra’el op die berge verstrooid gesien, soos skape wat geen wagter het nie en יהוה het gesê: ‘Hulle het geen koning nie; laat elkeen van hulle dus in vrede teruggaan na sy huis toe.”
17 Toe sê die koning van Yisra’el vir Y’hoshafat: “Het ek u nie vertel dat hy niks goeds oor my wil profeteer nie, maar kwaad?”