28 Ag’av, koning van Yisra’el en Y’hoshafat, koning van Y’hudah, het opgegaan na Ramot-Gil’ad.
29 Die koning van Yisra’el het vir Y’hoshafat gesê: “Ek sal my gevegsdrag aantrek en in die gevegslinies gaan staan en u moet u gevegsdrag aantrek.” Die koning van Yisra’el het sy wapen-uitrusting aangetrek en in die gevegslinies gaan staan.
30 Die koning van Aram het die bevelvoerder van sy strydwaens, wat by hom was, twee en dertig in getal, beveel en gesê: “Moenie met klein of groot veg nie, net met die koning van Yisra’el.”
31 Dit het gebeur toe die bevelvoerders van die waens vir Y’hoshafat sien, het hulle gesê: “Dit is die koning van Yisra’el!” Hulle het daarom teen hom gekom om met hom te veg, maar Y’hoshafat het uitgeroep en יהוה het hom gehelp en hulle van hom af weggedraai.
32 Dit het gebeur toe die bevelvoerders van die strydwaens sien dat dit nie die koning van Yisra’el is nie, dat hulle van hom af weggedraai het.
33 ’n Sekere man het onwetend ’n pyl na hom geskiet en die koning van Yisra’el getref tussen die laste van sy borsplaat. Toe sê hy vir sy strydwadrywer: ‘draai om en vat my uit die leër uit, want ek is ernstig gewond.’
34 Die geveg het erger geword dié dag, maar die koning het staande in die strydwa teen die Arameërs geveg tot die aand toe, maar teen sononder het hy gesterf.