7 Die koning van Yisra’el antwoord Y’hoshafat: “Daar is nog een man deur wie ons יהוה kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy profeteer nooit goed oor my nie, maar altyd kwaad. Sy naam is Mikhay’hu, die seun van Yimlah.” Y’hoshafat het gesê: “Laat die koning nie so praat nie!”
8 Die koning van Yisra’el het een van die amptenare geroep en gesê: “Bring gou vir Mikhay’hu, die seun van Yimlah.”
9 Die koning van Yisra’el en Y’hoshafat, die koning van Y’hudah, het elkeen op sy troon gesit, aangetrek in koninklike klere en hulle het by die ingang van die poort van Shomron gesit en al die vals profete het voor hulle geprofeteer.
10 Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, het vir homself ysterhorings gemaak en gesê: “So sê יהוה: “Hiermee sal u die Arameërs deurboor totdat hulle afgesny en vernietig is.”
11 So het al die profete geprofeteer en gesê: “Gaan op na Ramot-Gil’ad en triomfeer, want יהוה sal u vyande in u hand gee, o koning.
12 Die boodskapper wat gegaan het om Mikhay’hu te roep, het met hom gepraat en gesê: “Let op, die woorde van die profete het uit een mond goed verklaar vir die koning, laat jou woord dus nou aangenaam wees, soos een van hulle en profeteer ook goed.”
13 Mikhay’hu het gesê: “So waar as יהוה-God leef, wat my God in my verstand, wil en emosie sit, dit sal ek sê!”