1 In die aand het Y’hoshafat, koning van Y’hudah, in vrede na sy huis in Yerushalayim teruggegaan.
2 Yehu, die seun van Hanani, die profeet, het uitgegaan om hom te ontmoet en vir koning Y’hoshafat gesê: “Moet u gaan om die bose oortreder te help en húlle liefhê wat יהוה haat? יהוה is daarom vir u kwaad,
3 maar goeie verslae is oor u gehoor, deurdat u nie onskuldige bloed in die land vergiet het nie en u verstand, wil en emosie voorberei het om in waarheid tot יהוה te bid.”
4 Y’hoshafat het in Yerushalayim gebly en hy het weer uitgegaan tussen die volk in vanaf die stad van Be’er-Sh’va tot by die gebergte van Efrayim en hulle teruggebring om יהוה, die God van hulle vaders, te aanbid.
5 Hy het regters in die land aangestel, in al die versterkte stede van Y’hudah en in die groot stede.
6 Hy het vir die regters gesê: “Let op wat julle doen, want julle oordeel nie namens die mens nie, maar namens יהוה, ons God.