3 Hulle vader het aan hulle baie geskenke gegee in silwer, goud en baie ander geskenke saam met versterkte stede in Y’hudah, maar die koninkryk het hy aan Y’horam gegee, want hy was die eersgeborene.
4 Toe Y’horam opgestaan het in die koninkryk van sy vader en homself versterk het, het hy in ’n geveg al sy broers met die swaard doodgemaak sowel as sommige van die oudstes van Yisra’el.
5 Y’horam was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers.
6 Hy het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el geleef, soos die huis van Ag’av gedoen het, want Ag’av se suster was sy vrou en hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה.
7 יהוה wou egter nie die huis van Dawid vernietig nie, ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het en omdat Hy belowe het om vir hom en sy seuns ’n erfgenaam te gee vir ewig.
8 In sy dae het die Edomiete rebelleer onder die heerskappy van Y’hudah en vir hulleself ’n koning aangestel.
9 Toe het Y’horam en sy prinse en al sy strydwaens oor die Yarden getrek en in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom, die prinse en die strydwaens omsingel het.