25 Amatzyahu, die seun van Yo’ash, koning van Y’hudah, het ná die dood van Y’ho’ash, die seun van Y’ho’agaz, koning van Yisra’el, nog vyftien jaar geleef.
26 Die res van die dade van Amatzyahu, die vroeëre en die latere, let op, hulle is geskryf in die Boek van die konings van Y’hudah en Yisra’el.
27 Vanaf die tyd dat Amatzyahu van יהוה af weggedraai het, het sy diensknegte ’n sameswering teen hom gesmee in Yerushalayim sodat hy na Lakhish gevlug het, maar hulle het agter hom aangestuur na Lakhish en hom daar doodgemaak.
28 Sy diensknegte het hom op perde gebring en hom by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.2 Kon 15:1-7