1 Toe het die hele volk van Y’hudah vir `Uziyahu, sy seun gevat, wat toe sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyahu.
2 Hy het Eilat opgebou en aan Y’hudah terugbesorg nadat die koning by sy vaders neergelê is.
3 `Uziyahu was sestien jaar oud toe hy begin heers het en hy het twee en vyftig jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Y’kholyahu, van Yerushalayim.
4 Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, Dawid, gedoen het.
5 Hy het tot God gebid in die dae van Z’kharyah, wat hom onderrig gegee het in die aanbidding van יהוה en יהוה het al sy dade voorspoedig gemaak.
6 Hy het gegaan en teen die F’lishtyne oorlog gemaak en die muur van Gat, die muur van Yavneh en die muur van Ashdod afgebreek.
7 God het hom gehelp teen die F’lishtyne, teen die Arabiere wat in Gur-Ba’al gewoon het en teen die Me’uniete.