10 Hy het ook baie torings in die stede wat hy gehad het, gebou en baie kastele, want hy het baie rykdom gehad en plaasboere en werkers beide in die vlaktes en op die berge, want hy het baie beeste gehad.
11 Verder het `Uziyahu ’n leër gehad van magtige manne wat uitgegaan het in oorlog. Hulle was twee en dertig duisend ses honderd.
12 Die ander wat in die platteland gebly het, was drie honderd duisend en die manne wat swaarde gedra het was sewe duisend vyf honderd.
13 Hulle het elke dag opgestaan om oor die koning wag te hou.
14 `Uziyahu het vir hulle, regdeur die hele leërmag, skilde, spiese, helms, borsplate, boë en slingers, om stene te gooi, voorberei.
15 Sy roem het versprei na al die lande totdat hy baie ryk geword het,Deut 17:18-20 en hy het oortree teen יהוה, sy God en in die tempel van יהוה ingegaan en wierook op die wierookaltaar gebrand.
16 maar toe hy baie ryk geword het, het sy hoogmoedigheid meer geword