24 Agaz het al die gereedskap van die huis van יהוה bymekaargebring en die gereedskap van die huis van יהוה in stukke gebreek en die binne en buite deure van die huis van יהוה toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Yerushalayim.
25 In elke dorpie en gehuggie van Y’hudah het hy ’n altaar opgerig om ander gode te dien.
26 Die res van die dade van Agaz en sy lewenswyse, die vroeëre en die latere, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Y’hudah en Yisra’el.
27 Agaz is neergelê by sy vaders en hulle het hom in Yerushalayim begrawe, want hulle het hom nie in die grafte van die konings van Y’hudah gebring nie. Hizkiyahu, sy seun, het in sy plek geheers.Yes 36-39; 2 Kon 18:1-20:21