14 Hy het die bedekkingsgordyn van blou, purper, donkerrooi en fyn linne gemaak met gérubs daarop aangebring. Hy het die ark daarbinne gesit.
15 Verder het hy twee groot pilare voor die gebou gemaak; agtien el lank met die pilaar kopstuk bo-op elkeen, vyf el hoog.
16 Hy het ook kettings gemaak van vyftig el lank en hulle op die bokant van die pilare gesit. Hy het ’n honderd granate gemaak en op die ketting gesit.
17 Hy het die twee pilare voor die tempel opgerig, die een aan die regterkant en die ander, links. Hy het die een aan die regterkant Yakhin genoem en die een aan die linkerkant Bo’az.