3 Hierdie is die mates wat Shlomo gemeet het vir die bou van die gebou van יהוה: die lengte van die gebou volgens die standaard mate, was sestig el, die hoogte dertig el en die breedte twintig el.
4 Die stoep wat hy vooraan gemaak het, so lank soos die breedte van die gebou, twintig el en die hoogte twintig el en hy het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.
5 Die groot vertrek het hy met sipreshout, wat hy met fyn goud oorgetrek het, bedek en die beelde van palmbome en kettings daarop uitgegraveer.
6 Hy het die gebou met kosbare stene versier vir mooiheid en dit alles met fyn goud oorgetrek.
7 Hy het ook die gebou, vanaf die voorkant van die stoep, sy mure en die deurkosyne met fyn goud oorgetrek en beelde van palmbome en blomme daarop gegraveer.
8 Hy het die Mees Afgesonderde Plek se vertrek gemaak; die lengte daarvan was dieselfde as die breedte van die gebou, twintig el en sy breedte, twintig el. Hy het dit oorgetrek met fyn goud van ses honderd talente.
9 Hy het ook die bo-vertrekke met goud oorgetrek.