1 Hizkiyahu het gestuur na die hele Yisra’el en Y’hudah en het ook briewe geskryf aan Efrayim en M’nasheh, dat hulle sou kom na die huis van יהוה in Yerushalayim, om die Pesag tot eer van יהוה, die God van Yisra’el, te hou,Num 9:11
2 want die koning en sy prinse en die hele vergadering van Yisra’el het in Yerushalayim besluit om die Pesag tot יהוה, die God van Yisra’el, in die tweede maand te hou,
3 want hulle kon dit nie op die vasgestelde tyd hou nie omdat die priesters hulle nie afgesonder het nie en die volk se leermeesters hulle nie in Yerushalayim laat saamkom het nie.
4 Die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele volk van Yisra’el.