17 want daar was baie in die vergadering van Yisra’el wat hulleself nie afgesonder het nie; daarom het die Leviete beheer gehad van die slagting van die Pesaglammers en hulle het toegesien dat elkeen rein was, om hulle aan יהוה af te sonder.
18 Daar was ’n groot hoeveelheid mense van Efrayim, M’nasheh, Yissakhar en Z’vulun, wat hulleself nie gereinig het nie, tog het hulle die Pesaglam, nie volgens die wet nie, geëet, maar Hizkiyahu het vir hulle gebid en gesê: “Mag יהוה wat goed is, die hele Yisra’el vryspreek,
19 want ons het ons verstand, wil en emosies voorberei om tot יהוה, die God van ons vaders, te bid en afsondering sou ons nie meer gereinig het nie.”
20 יהוה het na die stem van Hizkiyahu geluister en die volk genees.
21 Die seuns van Yisra’el wat in Yerushalayim was, het die Fees van die Ongesuurde Brode vir sewe dae lank met groot blydskap gevier en die Leviete en die priesters het יהוה dag vir dag geprys en liedere van lofprysing gesing.
22 Hizkiyahu het met al die Leviete gepraat wat goeie liedere voor יהוה gesing het en hulle het regdeur die fees, sewe dae lank geëet terwyl hulle vredesoffers geslag en belydenis gedoen het tot יהוה, die God van hulle vaders.
23 Die hele vergadering het aangebly om nog sewe dae fees te hou en hulle het die ander sewe dae met vreugde gevier,