1 Ná hierdie dinge en die getroue dade wat Hizkiyahu gedoen het, het Sangeriv, die koning van Ashur, gekom en Y’hudah binnegedring en die versterkte stede beleër en aan die inwoners gesê: “Gee aan my ’n belofte en kom oor na my toe.”
2 Toe Hizkiyahu sien dat Sangeriv, koning van Ashur en sy leërmag gekom het om teen Yerushalayim te veg,
3 het hy raad gehou met sy prinse en sy magtige manne om die fonteine se waters weg te steek wat buite die stad is en hulle het hom gehelp.
4 ’n Groot hoeveelheid van die mense van Yisra’el het bymekaargekom en al die fonteine en die groot spruite wat dwarsdeur die land loop toegemaak en gesê: “Anders kom die koning van Ashur en kry baie water.”