7 “Wees onveranderlik sterk en dapper, moenie bang of moedeloos wees vir die teenwoordigheid van die koning van Ashur of as gevolg van al die leërmagte wat saam met hom gekom het nie, want daar is meer by ons as by hom.
8 By hom is ’n arm van vlees, maar by ons is יהוה, ons God, om ons te help en ons gevegte te veg!” Die manne is bemoedig deur die woorde van Hizkiyahu, koning van Y’hudah.
9 Hierna het Sangeriv, koning van Ashur, vir Rav-Shakeh en sy diensknegte na Yerushalayim gestuur, (hyself en al sy bevelvoerders het Lakhish beleër), na al die mense van Y’hudah, wat in Yerushalayim was, om te sê:
10 “So sê Sangeriv, koning van Ashur: op wie vertrou julle dat julle in Yerushalayim bly tydens die beleëring?
11 Hizkiyahu mislei julle, om julle van honger en dors te laat sterf en verder mislei hy julle deur te sê: יהוה, ons God, sal ons bevry uit die hand van die koning van Ashur.
12 Het dieselfde Hizkiyahu nie Sy hoë plekke en Sy altare verwyder en Y’hudah en Yerushalayim beveel en gesê: ‘Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop wierook offer?’ nie.
13 Miskien weet julle wat ék en my vaders aan al die volke van die ander lande gedoen het? Die gode van die nasies van daardie lande was nie in staat om hulle lande uit my hand te bevry nie.