4 Hy het die versierings, halssnoere, klokke en al die bome wat vir afgode gemaak is, in stukkies gebreek en fyn gemaal en hulle stof gestrooi oor die grafte van hulle wat aan hul geoffer het.
5 Hy het die beendere van die priesters wat hulle gedien het, opgegrawe en hulle gebring en verbrand en Y’hudah en Yerushalayim gereinig.
6 Hy het ook so gedoen in die stede van M’nasheh, Efrayim, Shim’on en Naftali, in hulle strate reg rondom.
7 Toe hy die altare omgegooi en die beelde stukkend geslaan en tot stof gemaal het en regdeur die hele Yisra’el verstrooi het, het hy teruggekeer na Yerushalayim.
8 In die agttiende jaar van sy regering, toe hy die land van Yisra’el en sy eie huis gereinig het, het hy vir Shafan, die seun van Atzalyahu en Ma’aseiyah, die stadsklerk geroep en vir hulle gesê: “Gaan, herstel die huis van יהוה, julle God.”
9 Toe hulle by die hoofpriester, Hilkiyahu, kom, het hulle die geld afgelewer wat in die huis van יהוה gebring is, wat die Leviete en die poortwagters versamel het uit M’nasheh en Efrayim en uit wat oorgebly het van Yisra’el en uit die hele Y’hudah en Binyamin en die inwoners van Yerushalayim.
10 Hulle het dit in die hande gegee van die werkers wat toesig gehad het oor die huis van יהוה en hulle het dit gegee aan die werkers wat die werk gedoen het aan die huis van יהוה, om die huis reg te maak en te pleister.