4 en sy broer, Elyakim, koning gemaak oor Y’hudah en Yerushalayim en sy naam verander na Y’hoyakim. N’kho het sy broer, Y’ho’agaz, saamgevat en hom na Mitzrayim gebring en hy het daar gesterf.
5 Y’hoyakim was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het elf jaar lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה, sy God.
6 N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het teen hom opgetrek en hom met kettings geboei om hom na Bavel te vat.
7 N’vukhadnetzar het ook van die voorwerpe van die huis van יהוה na Bavel gevat en dit in sy tempel in Bavel gesit.
8 Die res van die dade van Y’hoyakim en die verwerplikhede wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in die Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah en Y’hoyakhin, sy seun, het in sy plek geheers.2 Kon 24:8-15; 2 Kon 25:27-30; Yir 52:31-34
9 Y’hoyakhin was agttien jaar oud toe hy begin heers het en hy het drie maande en tien dae lank in Yerushalayim regeer en hy het dit gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה.
10 Aan die einde van die jaar het koning N’vukhadnetzar ’n mag teen hom gestuur en hom na Bavel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van יהוה en sy vader se broer, Tzidkiyahu, koning oor Y’hudah en Yerushalayim gemaak.2 Kon 24:17-25:7; Yir 52:1-11