14 Hy het volgens die voorskrif van sy vader, Dawid, die afdelings van die priesters vir hulle dienswerk ingedeel, die Leviete vir hulle ampspligte, om voor die priesters te prys en te dien, volgens wat elke dag vereis en vir die poortwagters volgens hulle afdelings om die poorte elke dag te bewaak, want so het Dawid, die man wat God koning gemaak het, beveel.
15 Hy het van niks afgewyk wat koning Dawid hom beveel het aangaande die priesters, die Leviete en ten opsigte van al die dienste van die huis, nie.
16 So is al die werk van Shlomo in volgorde gedoen vanaf die dag dat die fondasies van die huis van יהוה gelê is totdat al sy werk voltooi is.
17 Toe het Shlomo na `Etzyon-Gever gegaan, die dorp oorkant Elot, aan die seekus in die land van Edom.
18 Hiram het sy diensknegte per skip gestuur, bekwame seemanne wat weet hoe om skepe in die see te navigeer en hulle het saam met Shlomo se diensknegte na die stad van Ofir gegaan en omtrent vier honderd talente goud gevat en na koning Shlomo gebring.